ICSC is 'n innoverende kommunikasiemaatskappy geleë in die hart van Durbanville se moderne Heritage Square-kompleks.

Alles wat ons by ICSC doen, is rondom twee woorde gesentreer: kommunikasie en interaksie. Met elke projek waaraan ons werk, fokus ons daarop om só te kommunikeer dat ons teikenmarkte betrokke is by wat ons doen.

Kreatiwiteit bied die inspirasie vir wat ons doen. Tasbare resultate binne die kommunikasie-omgewing motiveer ons om aan te hou innoveer.

Goeie kommunikasie is 'n vaardigheid

Kommunikasie vind daagliks op tallose platforms en in vele verskillende kontekste plaas, maar goeie kommunikasie bly 'n skaars en magtige vaardigheid.

By ICSC verstaan ons hoe kommunikasie werk en hoe dit gebruik kan word sodat jou produk of onderneming maksimum baat daarby kan vind.

Ons is passievol daaroor om besonderse idees te gebruik om kragtige boodskappe te skep wat alles begin by 'n volledige, geïntegreerde strategie. Ons het 3D materiaal, brosjures, wynetikette, omkeerbare logo's, nuusbriewe, webtuistes, jaarverslae, boeke en nog vele meer ontwerp en vervaardig. Ons treffende kopie verskyn in tydskrifte, nuusbriewe, jaarverslae en videotekste. Ons het al selfs Mars sjokolade ingespan in 'n veldtog vir 'n plaaslik gebore NASA-vuurpylingenieur.

Wat jy sê is belangrik, maar hoe en wanneer jy dit sê, is van deurslaggewende belang.

"As kommunikasie gedrag moet verander, moet dit op die wense en belange van die ontvangers gegrond wees."

– Aristotle

Die ICSC-binnekring

Alles wat ons ateljee en kantoor verlaat, is die produk van 'n span toegewyde, passievolle en kreatiewe individue. Kliek op die foto's vir meer inligting.

Sinvolle kommunikasie =

Insluiting Inspirasie Interaksie

Ons kliënte vorm 'n krities-belangrike element van elke boodskap wat ons saamstel en elke veldtog wat ons van stapel stuur. Ons glo in stap-vir-stap samewerking en terugvoering . Dit lei tot kragtige en doeltreffende werksverhoudings waar kommunikasie die troefkaart is.

Kliek op die skakels hieronder vir 'n oorsig van net 'n paar van ons veldtogte.

Kliek hier vir 'n volledige lys van kliënte.

"Niks is so aansteeklik soos entoesiasme nie."

– Samuel Taylor Coleridge

Wil jy hallo sê? Só kan jy ons kontak:

 

Telefoon: +27 21 976 1918
Faks: +27 21 975 1715
E-pos: communicate@icsc.co.za
   
Posadres: Posbus 817, Durbanville, 7551
Fisieke adres: Heritage Square 7, Vredestraat, Durbanville 7550